send link to app

e-Finesse app for iPhone and iPad


4.4 ( 6224 ratings )
Lifestyle Health & Fitness
Developer: CARPE DIEM MEDIA
Free
Current version: 1.0.1, last update: 4 years ago
First release : 18 Jun 2018
App size: 30.32 Mb

Die meeste digitale tydskrifte wat intekenaars op hulle mobiele toestelle kan aflaai, is in PDF-formaat. Elke bladsy, wat gelees kan word deur horisontaal met jou vinger oor die skerm te vee, is presies dieselfde as die gedrukte weergawe.

Die bladsy in PDF-formaat is te klein om behoorlik te lees, aangesien dit op ’n klein skermpie moet inpas. As dit vergroot word, word slegs ’n gedeelte van die bladsy op ’n slag vergroot, sodat die leser die bladsy moet rondskuif om alles lees te kan lees.

Finesse tydskrif se interaktiewe digitale uitgawe vir selfone en tablette is nou beskikbaar. Die interaktiewe e-Finesse bied ’n baie aangenamer leeservaring. Jy hoef slegs te kliek en met die skerm rond te beweeg. Die ryk media wat gebruik word, verseker ’n leeservaring wat lesers se verwagtings ver sal oortref, beter as tradisionele blogs en webblaaie!

Lees ekstra inhoud, kyk na video-onderhoude met bekendes, luister na oudio-opnames van kenners, sien méér foto’s van persoonlikhede en funksies, kliek op interaktiewe skakels om boekuittreksels te lees, boeke en produkte teen afslag te koop, en nog baie meer...